Sitemap    |     Site Disclaimer    |     Privacy Policy
Buyers Equity Guide   -   Last updated on    -   Webmaster: bartho@barthosmith.com
Buyers Equity Guide B-E-G (Pty) Ltd News

Buyers Equity Guide (Pty) Ltd has been featured in RAPPORT, DIE BEELD, BUSINESS DAY, I-NET BRIDGE, ONLINE ASIA AFRICA NEWS, FINWEEK and in THE CITIZEN NEWSPAPER. Furthermore the CEO has been interviewed on MONEYWEB (live on radio with Alec Hogg), on Radio 702 (live on radio with Tim Modise) and on Radio RSG.

Select an article from the list below and click on 'Read Article'

  

Nóg SA animasiefliek kry lewe

Jacques Liebenberg - Die Beeld Tuesday 13th Feb 2007

Nog ’n Afrika-avontuur is op pad na die groot skerm - en Suid-Afrikaanse animeerders gaan ’n groot deel van die werk doen. Die fliek, getiteld An African Tale, handel oor die stryd tussen diere van die woud en diere van die vlakte. Die helde is Silas, ’n jong bobbejaan en leier van die oerwouddiere, en Samo, ’n jong olifant en leier van die vlaktediere. Hulle ontmoet by ’n magiese boom en wanneer weerlig die boom tref, bevind Silas en Samo mekaar in die ander een se lyf. Hulle word deur hul onderskeie gemeenskappe verwerp en bevind hulle boonop in ’n epiese magstryd tussen die ouer diere.

Die fliek is ’n gesamentlike projek van Sunrise Productions in Kaapstad en die Amerikaanse maatskappy Animated Family Films. Eersgenoemde is met die animasie gemoeid en laasgenoemde hanteer die sakedeel, soos verspreiding. Mnr. Jonathan Bell, ’n Johannesburger en direkteur van Animated Family Films Suid-Afrika, sê An African Tale sal na verwagting in 2009 wêreldwyd uitgereik word - as gewone CG (computer generated)-fliek en in 3D-formaat. "Mense het op die afgelope Sundance-rolprentfees in die VSA van An African Tale gehoor en daar is baie belangstelling. Ek kan noem dat Oscar-bekroonde akteurs daarin belangstel om van die stemme te doen."

Daar gaan boonop in die VSA ’n TV-werklikheidsprogram aangebied word waarin die wenner kans kry om een van die karakters se stem te doen. Maar die fokus is in ’n groot mate op Suid-Afrika - wat die animasie én finansiering betref. Volgens Bell word 10% van An African Tale in Suid-Afrika gefinansier. Daarby, sê mnr. Phil Cunningham, eienaar van Sunrise Productions en kreatiewe direkteur van die fliek, word 70% van die animasie in Kaapstad gedoen. Hulle is nog in voorafproduksie, ’n proses wat sowat nege maande duur. Dit behels hoofsaaklik die finalisering van die draaiboek (reeds in sy derde weergawe) en karakterbeplanning. Daarna volg die animasieproses. ’n Deel daarvan word in Suid-Korea gedoen, en elemente soos die klank in die VSA.

Cunningham sê ’n span van 85 animeerders sal aan An African Tale werk, die helfte van hulle uit die VSA. "Ons wil plaaslike talent bevorder, daarom kry ons die mense uit die VSA. Ons wil ’n platform vir plaaslike talent skep en hulle help." "Hulle plaas groot klem op die storie", sê Cunningham. "Baie animasieprente spog met goeie produksie en lekker humor, maar die storie is nie watwonders nie. En visueel wil ons die grense verskuif. Visueel is dit baie ryk."

Bell voeg by hulle sou An African Tale graag uitsluitlik in Suid-Afrika wou vervaardig, maar dit sou die fliek se internasionale bemarkbaarheid benadeel. Die besluit om die fliek ook in 3D uit te reik, is geneem om in pas met die internasionale neiging te bly. Rolprentmakers het al herhaaldelik hul verbintenis tot 3D-uitreikings en digitale rolprentteaters verklaar en Cunningham wys daarop dat dié tegnologie teen 2009 al heelwat algemener sal wees.

Die man wat verantwoordelik is om die fliek se 10%-finansiering in Suid-Afrika te bewerkstellig, is mnr. Michael Berk, uitvoerende hoof van Buyers Equity Guide. Hy sê hulle het onlangs eers met voornemende beleggers begin gesels, maar daar is al heelwat reaksie. Bell voeg by: "Hulle moet besef eiendom is nie die enigste opsie nie!"

jlieben@beeld.com


BUYERS EQUITY GUIDE (PTY) LTD HAS BEEN APPROVED AS A FINANCIAL SERVICES PROVIDER (FSP 1467) BY THE FINANCIAL SERVICES BOARD (FSB). FINANCIAL ADVISORY AND INTERMEDIARY SERVICES (FAIS) ACT 37 OF 2002.